Petroljoggie sterf oor R5
2006-11-02
地 PETROLJOGGIE van Wellington is aangekla van moord, nadat 地 kollega aan 地 meswond gesterf het.
Die voorval het Saterdagmiddag plaasgevind toe twee petroljoggies van Du Plessis Motors in Kerkstraat vermoedelik oor R5 gestry het.
Vuyo Kente (22) het volgens ooggetuies na 'n supermark geloop en 地 mes gaan koop.
Nelson Mbabaza (38) het hom glo agterna gesit, en kort daarna het hy teruggestrompel na die vulstasie met 地 meswond in sy bors.
Hier het Mbabaza inmekaargesak en is na die Paarl hospitaal geneem waar hy kort daarna gesterf het.
Kente is in hegtenis geneem en het Dinsdag in die Landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Enigiemand met inligting in verband met die voorval kan vir insp Francois Conradie skakel by 873-3333.
* Na nog 地 stryery, is 地 jong man dood nadat hy met 地 mes gesteek is.
Die voorval het Sondag kort na middernag plaasgevind toe 地 groep jong mans in Milkytown gestry het.
Zuko Maqenbwana is verskeie kere met 地 mes gesteek en is Maandag in die Paarl Hospitaal dood.
地 Jeugdige is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
* In Klapmuts is 地 vrou Saterdagaand dood nadat sy en haar vriend gestry het.
Gollie Stuurman (26) is Maandagoggend borg geweier in die Paarl Landdroshof, nadat sy vriendin Dina Dawid (34) gesterf het aan 地 meswond op die plaas Groot Simonsvlei.
* A petrol attendant was stabbed and killed for R5 in Wellington.
More
News
|