Slagting op paaie
2006-11-02
VERSKEIE mense het die afgelope week slagoffers geword van padongelukke.
地 Vrou is Saterdagoggend omstreeks 01:40 op slag dood op Wellington, toe sy voor 地 aankomende voertuig ingestrompel het.
Grace Tlhaolargoma van Bainstraat 33 het volgens ooggetuies reg voor 地 aankomende voertuig in Kerkstraat ingeloop. Nog 地 vrou, Katriena Armoed, is Sondagoggend naby Wellington op die Hermon-pad doodgery.
Maandagmiddag is 地 man in 地 frats-ongeluk agterop 地 bakkie dood, terwyl hy 地 bok vasgehou het. Ene Joe Josephus het vermoedelik sy balans verloor toe die bestuurder van die bakkie skielik moes rem trap op die Hasekraal-pad.
Sy kop het hard teen die rand van die bak gekap, en daar word vermoed dat sy nek tydens die voorval gebreek is.
Maandagoggend het spitstyd-verkeer in Jan van Riebeeckrylaan tot stilstand gekom, toe 地 minibus-taxi en 地 motor in 地 kop-aan-kop botsing betrokke was.
Volgens ooggetuies het die bestuurder van die taxi beheer oor die voertuig verloor toe hy in die rigting van die Paarl gery het, naby Montvue-laan.
Die taxi het oor die verkeerseiland gery en is in die aankomende voertuig vas.
Die bestuurder van die taxi, Norman Makoda van Mbekweni, was alleen in die voertuig tydens die ongeluk en het 地 rugbesering opgedoen.
Anthony Pietersen van Groenheuwel se gesig is in die ongeluk beseer.
* Various people have died in road accidents during the past week.
More
News
|