Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boom, bye maak amok

Boom, bye maak amok
 
2006-11-02


BERGSTRAAT in die Paarl was verlede Donderdag totaal geblokkeer toe ’n reuse-eikeboom oor die pad geval het.

Die boom was egter nie die grootste probleem nie, maar wel die byenes daarin. Die slag het derduisende bye erg ontstig.

Rossouw Cillié vertel hoe hy ’n kliënt moes gaan sien het by Bergstraat 1. Hy het besluit om by die parkeerterrein van die Strooidakkerk te parkeer en daarheen te stap.

“Ek stap toe oor die Hoofstraat na Bergstraat en ek lui die klokkie by die hek van die huis.

“Ek het op my selfoon gepraat toe ek skielik ’n harde klapgeluid uit die tuin hoor kom. Toe ek weer my oë uitvee, lê daar ’n reusagtige eikeboom so twee meter van my af.

“As ek my motor voor die huis geparkeer het, sou die boom my bakkie platgeval het.

“En toe het die ‘sports’ begin. Skaars het die boom gelê toe peul derduisende woedende bye uit die nes. Mense het in alle rigtings gespat.

“Ek moes deur die pastorie se wingerd ontsnap, want die bye was op my. Wonderbaarlik is ek net so drie keer gesteek.”

Die Munisipaliteit se hulp is dadelik ingeroep, maar voordat die boom opgesaag kon word, is ’n byeboer se hulp ingeroep om die swerm te tem.

Byekenner Johan Rautenbach het vinnig van die bye ontslae geraak, waarna munisipale werkers baie versigtig die ou reus begin opsaag het.

Die munisipale boom-man, Stef Venter, het van ’n veilige afstand af toesig gehou oor die opruiming, aangesien hy erg allergies is vir bysteke.

Rautenbach kan gekontak word by 083-412-3046 deur mense wat probleme met bye het.

* A swarm of bees was angered when the tree they were nesting in, fell over.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za