Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Maria Spies 'n plesier om na luister

Maria Spies 'n plesier om na luister
 
2006-11-02


IN die derde skemerkonsert by Frank Pietersen Musieksentrum Sondag om 17:00 voer die sentrum se koor werke van Andrew Lloyd Webber uit.
Hierdie reeks uitvoerings word gereël ter befondsing van ‘n aantal leerlinge wat in 2007 na Duitsland vertrek om hul Musiekervaring daar te deel en te verbreed.
Verlede Sondag het Maria Spies, tans besig met haar Meestersgraad in klaviervoordrag by UK en student van Francis du Toit, werke van Beethoven, Albeniz en Chopin gespeel.
Die Sonata, Opus 109 in E majeur, dateer uit die laaste fase van Beethoven se lewe. Hierdie ekstensiewe werk is met oortuiging deur Spies uitgevoer en die intensiteit van die werk word feitlik deurgaans behou.
Iberia van Isaac Albéniz, is ‘n versameling van twaalf musikale tonele wat handel oor die Spaanse lewe. Die eerste twee, naamlik “Evocation” en “El Puerto”, is uitgevoer.

Die komplekse ritmes en kleurvolle harmonieë in die Spaanse idioom, is hier weereens deur Spies met goeie tegniek en sensitiewe spel oortuigend uitgebring.

Sy sluit haar program af met pragtige vertolking van die laaste drie van Chopin se 24 Preludes Opus 28.

Die rustige atmosfeer wat by hierdie geleentheid geheers het, terwyl pragtige klavierklanke die atmosfeer vul, sal my nog lank bybly.

* Op 12 November tree die US Perkussie-duo op. Kaartjies is R40 (skoliere R10).- Anton Pietersen



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za