Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vibravo in kelder

Vibravo in kelder
 
2006-11-02


DIT is tyd vir KWV se Somerkonsert in die w靡eldberoemde Katedraalkelder op Donderdag 16 November met die treffer Vibravo.

Die sangsterre wat optree, is Rory Rootenberg, Charl van Heyningen Louis Loock en Fikile Mvinjelwa.

Die Katedraalkelder met sy koepelvormige dak, gekerfde houtvate en 1100 klein houtvate, bied 地 wonderlike atmosfeer vir konserte van hoogstaande gehalte.

Neem vier uitstekende, klassiek-opgeleide manstemme, voeg daarby 地 welgekose keur van manjifieke kontempor靡e en klassieke musiek wat lank reeds die toets van die tyd deurstaan het, asook 地 hoogs talentvolle pianis en met 地 bekroonde regisseur as die kersie op die koek - en jy kry Vibravo! 地 Robuuste en viriele fees van musiek wat jou sal laat saamsing, saamklap en sommer laat lekkerkry tot in jou kleintoontjie.

Onder die sangers is die opkomende jong tenoor Louis Loock met sy moeiteloos swewende, liriese stem. Daar is die ster van ons eie, plaaslike Phantom of the Opera, vokale akrobaat Rory Rootenberg.

En dan is daar die sjarmante man met die fluweelstem Charl Van Heyningen, asook die ster van menige opera met sy diep, ryk en romerige pragstem - Fikile Mvinjelwa.

Met vars, nuwe verwerkings van immergroen treffers, wat strek van opera tot pop, deur Chris Harper, met A Handful of Keys-ster Jeremy Quickfall agter die klawers en met 地 bindingsteks deur Fiona Coyne, die enigmatiese en aweregse aanbieder van ons eie The Weakest Link, is hierdie vertoning gewaarborg om 地 weghol-sukses te wees.

Die konsert word aangebied in kabaret-styl met tafels van vier of ses persone en kaartjies sluit verversings en Cathedral Cellar wyne van KWV in.

Besprekings kan gedoen word deur Janine Eybers tussen 08:00 en 17:00 weeksdae te skakel by 807-3217.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za