Singende vampiers by Baxter
2006-11-02
DIE produksie van Fangs, die skreeusnaakse Suid-Afrikaanse rock-musiekspel, open op Vrydag 20 Oktober by die Baxter-teater en is ‘groter en beter’ as vantevore.
Drie van ons bekendste akteurs, Tobie Cronjé, Bill Flynn en Michael Richard speel hul oorspronklike rolle wat vantevore die verhoor laat slaplê het van die lag.
Die rolle is dié van die polisiesersant wat ’n vampierjagter is, die Elvis-nabootser met die naam van Suckula (omdat hy ’n bloedsuier is) en die heeltemal mal psigiater.
Die stuk word geregisseer deur Tim Plewman (ook bekend as die ster van Defending the Caveman).
Die stuk handel oor ’n Johannesburgse vampier wat sy tande verloor het. Dis oorspronklik in 1977 opgevoer en nou heeltemal hernu.
Die musiek wat bestaan uit ’n kruisbestuiwing van musikale style van die veertigerjare tot vandag.
Fangs bestaan uit 15 lede wat Flynn, Cronjé en Richard asook Catherine Daymond, Jo Galloway, Vanessa Harris, David James, Stephan Marneweck, Zane Gillian, Tandi Meikle, Anitra Davel, Jodie Renouf en André de Beer insluit.
Die produksie is op die planke oor die feesseisoen tot 7 Januarie.
Kaartjies kos tussen R150 en R240 en is beskikbaar by Computicket of by 083-915-000.
More
News
|