Geen optrede
2005-03-09
DIE klagte oor die vragmotors wat die węreld vol staan in die Charleston Hill gebied van die Paarl (Donderdag, 24 Februarie) kon net sowel myne gewees het.
Die afgelope paar jaar het ek ook my misnoë aan die verkeersdepartement deurgegee en daar is aan my erken dat die parkering onwettig is.
Waarom tree die Paarlse Verkeersdepartement dan nie daadwerklik op nie?
Die voertuie moet glad nie hier geparkeer word nie en die eienaar moet vir hom ‘n ander terrein gaan kry vir sy voertuie.
Die voertuie is meestal in 'n swak toestand en bemors ook die strate waar hulle geparkeer word.
Moeg gepleit
More
News
|