Wandel met spoke
2006-11-02
’n JAARLIKSE hoogtepunt op die Stellenbosse sosiale kalender is die gewilde Aandwandeling wat Donderdag 16 November deur die Stellenbosch Museum aangebied word.
Tydens die wandeling sal verskeie historiese geboue besoek word waartydens Hannes Meiring, Pietman Retief en Leon Vorster interessante inligting asook argitektoniese feite aan die stappers sal meedeel.
Spesiale spoke is opgeroep en Kathy de Beer sal wandelaars op die roete vermaak met haar spookstories. Al die srate op die roete word spesiaal vir die geleentheid gesluit word en die ligte afgeskakel. Ligte verversings word langs die pad aangebied, waarna die stappers by Erfurthuis onthaal word met ’n kerslig-ete met wyn.
Kaartjies is beskikbaar by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, teen R120 elk. Bespreek by Esmé Adriaanse by 887-2937.
More
News
|