Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmies weer bobaas by groot atletiekbyeenkoms

Gimmies weer bobaas by groot atletiekbyeenkoms
 
2006-11-02


DIE atlete van Paarl Gimnasium het Saterdag op hul vroeë seisoen sukses voortgebou toe hulle die Engen Top 10 byeenkoms op Moorreesburg gewen het.

Gim was baas met 18 100 punte, terwyl Overberg (17 670),
Bredasdorp (16 328), Porterville (14 968) en Boland Landbou (14 880) die ander moontlik aanspraakmakers was.

Dean Morgan was die Gimmie wat die beste prestasie van die dag gelewer het, met sy gooi van 58,37m in die hamergooi vir seuns 15 jaar. Die gooi wat gelykstaande is aan 1198 punte op die Absa-tabel, was dan ook ’n nuwe byeenkoms-rekord.

Nog ’n vertoning wat meer as 1000 punte verdien het, was dié van Luqmaan Ismael wat in die hoogspring vir seuns 14 jaar ’n hoogte van 1,77m (1032 punte) behaal het. Dit was goed genoeg vir derde plek.

Ander eerste plekke is deur Stephan Schoeman (sg s.15 16,16m), Ryno Swanepoel (100m s.18 10,96s), Jacques du Plessis (100mH s.15 13,99s), Erek van der Merwe (90mH s.14 13,18s), Jean-Marie Senekal (200m m.14 27,08s en 80mH 12,71s) en Ramon Samuels (vs s.15 5,75m).

Atlete wat silwermedaljes verower het, is JR Esterhuizen (100m s.15 11,32s), Dean Morgan (diskus s.15 46,12m), Ramon Samuels (200m s.15 23,61s), Ryno Swanepoel (200m s.18 22,86s).

Derde plek posisies is verower deur Jacques du Plessis (100m s.15 11,56s), JR Esterhuizen (200m s.15 23,96s) en Jean-Marie Senekal (100m m.14 13,42s).



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za