Power lines
2006-11-02
ESKOM is van voornemens om ’n nuwe substasie suid van die Paarl te bou, oorkant die ingang na Pearl Valley gholflandgoed.
Die gebou van sowat 100m by 150m word beoog om die groeiende behoefte aan die krag in die gebied, waar nuwe ontwikkelings plaasvind, aan te spreek.
Dit sal met ’n nuwe 132kV dubbelstroomkraglyn met die Muldersvlei-substasie verbind word.
Om te registreer as ’n belangstellende en/of geaffekteerde party, kontak Mapaseka Petlane by faks 980-3053 of petlane@ eskom.co .za of pos dit aan Mapaseka Petlane, Eskom, Posbus 222, Brackenfell 7561 teen 17 November (navrae, 980-3112.)
More
News
|