Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington reg om kriekettitel te verdedig

Wellington reg om kriekettitel te verdedig
 
2006-11-02


NA vyf ligawedstryde in die 2006/2007 seisoen is die McCarthy Toyota Wellington Krieketspan steeds op die wenpad.

Behalwe vir goeie individuele kolfvertonings sukkel Wellington se teenstanders veral teen die goeie boul- en veldwerk van dié span.

Met die uitsondering van die paaltjiewagter het Wellington vanjaar al sy spelers van verlede seisoen se klubkampioenskap behou.

Christi Schreuder is die nuwe paaltjiewagter en is ’n groot aanwins vir die klub.

Ander jong, talentvolle spelers van die klub sluit in Dawie Malan (wat ’n kontrak met die Engelse graafskap, Middlesex losgeslaan het), Stiaan van Zyl, Christo Ritter, Riaan Jephta en Marnus Hugo.

Die afgelope twee Saterdae het Wellington goeie seges behaal.
’n Week gelede het die span vir Worcester United (107) met 93 lopies geklop. Christi Schreuder (60nun), Stiaan van Zyl (44nun), Riaan Jephta (3/20), Sarel Wolmarans (3/18), Ryan Groeneveldt (2/24) en Christo Ritter (3/18) was die uitblinkers.

Saterdag was dit die span van Oostelikes wat dit teen Wellington moes ontgeld.

Oostelikes word vir 129 lopies uitgehaal, danksy goeie boulvertonings deur Marnus Hugo (3/32), Dawie Malan (2/14) en Ryan Groeneveldt (3/34).

Op ’n moeilik blad begin Wellington aanvanklik baie stadig kolf, maar Warren Groeneveldt (51nun) en Malan (37) verseker dat die besoekers vroeg kan huis toe gaan met ’n ses paaltjie oorwinning in die sak.

Die klub se tweede span het ook die afgelope twee Saterdae sukses geproe.

Wellington II behaal die teiken van 60 met slegs twee paaltjies plat. Christiaan Loubser (6/29) was Wellington se groot gevaarman, terwyl Pieter Bergh (20) die voorste lopiemaker was.

Teen Oostelikes II was dit Daniel Dandon (4/15) wat die kolwers tot 92 help beperk het.

Wellington kry die wenlopies in slegs 11 beurte, met Bergh (79) wat weer met die kolf inklim vir dié 10 paaltjie sege.

Die klub se derde span is ook onoorwonne ná vyf wedstryde.
Saterdag speel Wellington I (weg) en II (tuis) teen Coronations. Die derde span speel tuis teen Franschhoek I.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za