Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples val vas in riller-stryd

Peoples val vas in riller-stryd
 
2006-11-02


DIE manne van Van der Stel het Saterdag met die laaste bal van die wedstryd daarin geslaag om Young Peoples met vier paaltjies te klop.

Die voormalige Peoples-kaptein, Jacques Krynauw, nou kaptein van Van der Stel, wen die loot en stuur die besoekers in om te kolf.

Peoples verloor sy eerste paaltjie met die eerste aflewering van die wedstryd. Mark Borchards (42 4x1, 6x2) en Andrew Victor (67 4x10) verseker egter dat dinge weer op koers kom. Die honderdtal verskyn reeds in die 15de beurt, waarna die besoekers begin klei trap en in die 46ste beurt vir 179 uitgehaal word.

Dirkie Marais (20 4x3) en Dominic Daniels (19 4x4) het ook goeie bydraes gelewer.

Krynauw skitter met 3/17 in agt boulbeurte.

Van der Stel kom stadig aan die gang danksy goeie veldwerk en boulwerk, met Lester Opperman (2/43 in 11bb), Calvin Tong (1/26 in 15bb) en Lorenzo Jacobs (1/33 in 15bb) wat ekonomies boul.

Met die laaste bal kort Van der Stel twee lopies. Die skeidsregter roep ’n foutbal en die tuisspan-kolwers skarrel deur vir ’n enkellopie om so die wedstryd te wen.

Peoples II (230) het ook met drie paaltjies teen Van der Stell II verloor. Stanton Kamalie (98 4x11, 6x2) en Wade October (82 4x10) het goed gekolf.

Sondag het Peoples II (247/9) se stryd teen Stellenbosch en Distrikte (268/6) op Daljosafat onbeslis geëindig. Jamaine Williams (3/66 in 13bb), Joshua Cupido (43 4x8), Jacobs (48 4x7, 6x1) en Lindsay Davey (27 4x4) het uitgeblink.

Saterdag speel Peoples I teen Victoriane op Stellenbosch terwyl die derde span ook weg speel teen Van der Stel. Peoples II het ’n loslootjie. Peoples begin sy Pro-20 kompetisie met ’n wegwedstryd teen Malmesbury.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za