Misdaad in feestyd vasgevat
2006-11-09
DIE polisie in Paarl-Oos het reeds verlede week afgeskop met 'n hulpprogram om misdaad tydens die feesseisoen te bekamp.
Daar is op ’n groot hoeveelheid dwelms en drank beslag gelê in verskeie operasies in dié gebied.
Daar sal gefokus word op veral geweldsmisdade soos moord, aanrandings en verkragtings wat gewoonlik dié tyd van die jaar die hoogte inskiet.
Die mikpunt is om misdade met ten minste 12% te verminder in teenstelling met verlede jaar.
Klem sal ook gelê word op drank- en dwelmmisbruik wat dikwels lei tot geweldadige misdade.
Die Paarl-Oos polisie sal ook met buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye, sowel as die publiek, saamwerk om misdaad tydens die feesseisoen te bekamp.
Stasiebevelvoerder supt Daniël Uys is verbind daartoe om gemeenskapsondersteuning op te bou in die bekamping van misdaad.
“Ek wil graag ’n positiewe bydrae lewer om ’n veilige feesseisoen vir almal te verseker. Tesame kán ons misdaad bestry.”
* Police are clamping down on crime before the festive season.
More
News
|