Twee sterf in geweld
2006-11-09
’n JONG man is die afgelope naweek doodgeskiet in Ribbokstraat, Chicago in Paarl-Oos.
McNiel Adonis (19) van Klipbokstraat is Saterdagoggend 04:30 deur ’n onbekende persoon in die voorkop geskiet.
Hy is in die Paarl Hospitaal opgeneem en na Tygerberg hospitaal oorgeplaas, waar hy Sondagaand oorlede is.
Enigiemand wat inligting in verband met die voorval het, kan vir supt Jason Cyster skakel by 807-4000.
* Nog ’n jong man is Saterdagaand vermoor toe hy ’n argument probeer keer het.
Piet Verrooi (17) van Leeukuil, naby Klapmuts, het tussenbeide getree toe ’n vriend van hom en sy stiefpa, John Booysen (33), glo in ’n stryery betrokke geraak het op ’n buurplaas, Middelburg.
Verrooi is met ’n mes in die wang gesteek en is later in die Paarl hospitaal oorlede.
Booysen is in verband met die saak in hegtenis geneem.
* ’n Vrou van New Rest, Wellington, Phenpen Nomaphelo, is Saterdag dood ná nadat sy met ’n mes gesteek is tydens 'n rusie met 'n vriend. Vuyo Ndayi het in die hof verskyn.
More
News
|