Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moordverdagte in die hof

Moordverdagte in die hof
 
2006-11-09


DIE man wat verlede jaar ná 25 skuldigbevindings op parool was toe hy ’n vrou op Wellington in haar woning vermoor het, verskyn hierdie week in die Kaapse Hooggeregshof op die moordaanklag.

Lisbe Smuts-Smith (toe 47) het gesterf in die swembad by haar huis, waar sy drie maande voor die aanval met Francois Smith getroud is.

Haar eerste man, die kunstenaar Timo Smuts, is in 1999 aan ’n hartaanval oorlede.

Die Maandag, 10 Februarie, het Lisbe om 07:30 tuisgekom nadat sy haar kinders vir skool afgelaai het. Sy was ’n senior dosent in Afrikaans aan die Universiteit Kaapstad.

Die elektriese hek het agter haar toegegaan en sy het in die historiese Twistniet woning in Burgstraat op die inbreker afgekom.

Toe die man haar aanval, het sy gillend na buite gevlug. Lisbe is aangeval en in die swembad gestamp, waar bure en die polisie op haar liggaam afgekom het.

Haar buurvrou, Alexa Kirsten, het oor ’n heining geklouter om hulp aan te bied. Sy het by die dood omgedraai toe sy herhaaldelik teen die kop geslaan en met ’n skroewedraaier in die skouer en nek gesteek is.

Alexa (53) sukkel steeds met haar gesondheid en om oor die weg te kom.

Die verdagte het voor die polisie uitgevlug, deur wonings waar hy ’n handsak gesteel het, en deur die Silwerkruin tehuis vir bejaardes, voordat hy op die Boland sportvelde in hegtenis geneem is.

Elton John Lourens (28) is kaalvoet, met ’n slaapbroek van Lisbe se seun aan sy lyf, van moord en poging tot moord aangekla.

Daar is vasgestel dat die werklose Lourens, van ’n plakkerswoning in Maylaan, Wellington, reeds van die ouderdom van tien jaar met die gereg gebots het en dat hy nege maande voor die moord deur Korrektiewe Dienste op parool vrygelaat is.

Dinsdag is agt getuies in die Hooggeregshof geroep.

Daar is getuig dat Lourens kort voor die moord op Wellington deur sekuriteitsbeamptes by ’n kollege koshuis aan die polisie oorhandig is ná ’n voorval van huisbraak.

Met sy verskyning op hierdie saak in die Wellingtonse landdroshof, is borgtog toegestaan, ten spyte van sy geskiedenis van misdaad en dat hy op parool was toe dié misdryf gepleeg is.

* The Supreme Court heard this week that the alleged murderer of Wellington academic Lisbe Smuts, was granted bail shortly before her killing.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za