Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vibravo in KWV Katedraalkelder

Vibravo in KWV Katedraalkelder
 
2006-11-09


DIT is weer tyd vir KWV se Somerkonsert, wat sal plaasvind in die wêreldberoemde Katedraalkelder op Donderdag 16 November met die treffer Vibravo. Die sangsterre wat optree is Rory Rootenberg, Charl van Heyningen Louis Loock en Fikile Mvinjelwa.

Die sangers is die opkomende jong tenoor Louis Loock met sy moeiteloos swewende, liriese stem. Daar is die ster van ons eie, plaaslike Phantom of the Opera, vokale akrobaat Rory Rootenberg.

En dan is daar die sjarmante man met die fluweelstem Charl Van Heyningen, asook die ster van menige opera met sy diep, ryk en romerige pragstem - Fikile Mvinjelwa.

Die konsert word aangebied in kabaret-styl met tafels van vier of ses persone en kaartjies sluit verversings en die bekende Cathedral Cellar wyne van KWV in.

Besprekings kan gedoen word deur Janine Eybers tussen 08:00 en 17:00 weeksdae te skakel by 807-3217.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za