Haar ster skyn al helderder
2006-11-09
’n SANGERES wie se ster deesdae al helderder skyn, is Karin Kotze van Wellington.
Karin is pas terug van Aardklop, waar sy dertien optredes gehad het. Karin was vroeër deel van die sanggroep Take Five, wat ook ATKV-wenners was.
Sy het ook reeds saam met Tolla van der Merwe, Danie Niehaus, Hennie Smit, Clive Bruce, Lance James, Randall Wicomb en Ruben Lennox opgetree.
In 2004 besluit sy om heeltyds terug te keer na die musiekbedryf en dieselfde jaar neem sy haar CD, ‘Sprei My Vlerke’ op.
In Oktober 2004 maak sy haar buiging by die Stokkiesdraaifees en daarna volg ’n magdom vertonings by skoue, feeste en allerlei ander geleenthede.
In geheel is hierdie dinamiese kunstenaar ’n belewenis op enige verhoog, hetsy teater, opelugvertonings, feeste of oggendtees.
Karin vermaak met mening in Afrikaans en Engels, met snitte wat wissel van rock, pop en ballades, tot ‘singalongs’. Haar gepoleerde klanke, harmonieë en verhoogpersoonlikhei spreek van jare se ondervinding in die musiekbedryf.
Karin tree ook gereeld op in die Crown Bar in die Paarl, San Mere en Ge Brodies (Brackenfell).
Kontak haar by 084-603-6340 of 082-323-3357.
More
News
|