Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom skilder saam met waterverfgroep

Kom skilder saam met waterverfgroep
 
2006-11-09


STEL jy belang in waterverf? Dan word jy genooi om Saterdag tussen 14:00 en 16:00 te kom skilder saam met Wessel Lemmer en sy groep.

Hulle vergader by sy ateljee in Hoofstraat (langs die BMW verkooplokaal).

Al wat jy moet saambring, is geesdrif. As jy ’n beginner is, moenie enige skildermateriaal aankoop voor jy nie eers met Wessel geskakel het nie.

Omdat ’n kwas jou lewenslank hou, is dit belangrik om uit die staanspoor die regte toerusting aan te koop.

“Ons beplan om tydens elke byeenkoms die pas afgelope week se werke te bespreek,” verduidelik Lemmer.

“Daarna gee ons ’n demonstrasie van die hantering van ’n spesifieke onderwerp of tegniek, waarna ons saam skilder. Moet dus ook nie jou koffiebeker tuis los nie.”

Edgar Whitney het in een van sy boeke ‘The Complete Guide to Water Colour Painting’ vir André Gide aangehaal: “What another would have done as well as you, do not do it.

“What another would have said as well as you, do not say it; Written as well, do not write it. Be faithful to that which exists nowhere but in yourself - and thus make yourself indispensable.”

Met verwysing na bogenoemde is dit nie alte maklik om ander mense se idees oor wat jy moet skilder, buite rekening te laat nie, sê Wessel.

“As jy egter nie regkry om hulle heeltemal te ignoreer nie, is jou skilderwerk slegs ’n namaaksel.”

Verder voeg Whitney by: “Always the inescapable paradox: In both life and art, if you play safe, you achieve a degree of security. Having security, you become bored and disinterested.

“Being disinterested, your work lacks the most essential quality. Producing work of lesser merit, you are no longer safe.

“Or obversely; boldly taking chances, via technical experimentation, refusing to live your work by fiat, you learn, develop, grow.

“Growing steadily, you one day inevitably achieve undeniable stature and are safe.”

Wessel het die laaste woord: “Ek hoop bogenoemde aanhalings spreek jou aan om by ons waterverfskildergroep aan te sluit en uit daardie groef te breek waarin ons so maklik verstrengel raak.”

Indien jy belang stel, skakel Wessel Lemmer by 082-507-5013.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za