Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Samesyn voor Kersfees

Samesyn voor Kersfees
 
2006-11-09


’n PIEKNIEKKONSERT net voor Kersfees is net die regte noot om die vakansie te begin.

Voeg daarby een van die land se gewildse vermaaklikheidsterre en jy het ’n wenresep.

Die plek is Picardie gasteplaas in die Paarl op Vrydag 15 Desember en die kunstenaar is Hennie Smit - die nimlike Bertie van die TV-sepie Egoli.

Mense besef nie aldag dat Hennie ’n vermaaklikheidskunstenaar by uitnemendheid is nie, wat gehore in die palm van sy hand kan hou met sy sang en grappe, maar ook ernstiger repertoire.

Tydens die onlangse Cultivaria-fees wou mense heeltyd weet waar hulle hom kan sien optree.

Maar as gevolg van sy werk agter die skerms as raadgewer, was daar nie geleentheid hiervoor nie.

Nou is daar egter ’n kans waar mense dié besondere kunstenaar van naderby kan leer ken in die rustige atmosfeer van Picardie, teen die hange van Paarlberg.

Om die aand nog interessanter te maak, bring hy ’n Kaapse kunstenaar in eie reg, Alwena van der Vyver, saam.

Alwena is bekend as gospelsanger, maar sy sing ook ligte Afrikaanse en Engelse liedere.

Sy is die afgelope 22 jaar betrokke by gemeentes as musiekleier en orrelis, die afgelope agt jaar van die NG Kerk Parow-Panorama.

Met haar sang- en Woordbediening tree sy gereeld op by kerke, feeste, damesoggende en ander uitsoekgeleenthede dwarsoor die land asook in Namibië.

Haar twee CDs, “Nou weet ek!” en “Deure”, doen besonder goed.
Benewens haar sololoopbaan, tree sy gereeld op saam met Randall Wicomb as sy begeleier en agtergrondsanger, asook saam met Marié du Toit in die kabaret “Koeksister en Kalbas”.

Haar voordrag van liedere getuig van passie, oortuiging, afronding, fyn aanvoeling en professionalisme.

Behalwe Hennie, het sy ook reeds verhoë gedeel met bekende kunstenaars soos Manuel Escorcio, Danie Botha en Anneli van Rooyen.

Kaartjies vir die Paarl-konsert kos R80 per persoon en sluit ’n heerlike piekniekmandjie en 'n bottel wyn in.
Komberse en stoele sal beskikbaar wees.
Kaartjies is beperk, so bespreek vandag nog by 863-3357.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za