Einde in sig
2006-11-09
Ná vandag is daar nog nege amptelike vraestel-skryfdae oor tot wanneer die matriekeksamen afsluit met Tegniese Tekene op 22 November. Volgens sommige matrieks was die Skei- en Natuurkunde vraestel tot dusver die moeilikste, terwyl die tale en Biologie in die haak was.
Die meeste matrieks skryf al Woensdag klaar met Geskiedenis, hoewel sommige eers ’n week later klaarmaak met Landbouwetenksap en Elektrisiënswerk. Die matriek-uitslae word op 28 Desember verwag.
Skoolhoofde by sekondêre skole sê dat die eksamen grotendeels vlot verloop tot dusver en dat hulle nie juis probleme ondervind nie.
Van die laerskole begin eerskomende Maandag met hul finale eksamens wat gewoonlik sowat ’n week duur. Die eksamen van laer grade het ook reeds begin.
Die skole sluit op Vrydag 1 Desember vir die akademiese jaar. * Matrics are nearing the end of their final exam.
More
News
|