Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret by Liggies

Pret by Liggies
 
2006-11-09


KUNSTENAARS van oor die hele Drakenstein beloof om feesgangers se tone te laat krul van lekkerte by die jaarlikse Wellington Feesliggies op Vrydag 24 en Saterdag 25 November.

Die hoogtepunt van die openingseremonie die Vrydagaand gaan mense se harte week maak wanneer 200 kinderstemme uit die vallei se skole, onder leiding van Sheryl Hendricks, ’n massakooruitvoering gee van onder meer die gewyde ‘O Holy Night’, en nog vele meer.

Die Saterdagaand tree niemand anders as die gewilde 7de Laan akteurs, George en Karien (Nico en Christi Panagiotopoulos) op.

Onder die plaaslike kunstenaars is daar ook hope talent en die soliste word begelei deur die AfroJazz-band wat reeds by die
Cultivaria-fees naam gemaak het.

Die dansgroepe Pointbreakers en die Essential Dance Company beloof om die voete lekker aan die jeuk te kry, terwyl die marimba-orkes ’n ware Afrika-atmosfeer sal skep.

Beslis datums om op die kalender aan te teken!

* The Wellington festival of lights will be held on 24 and 25 November.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za