Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jazz en ballet op Wellington

Jazz en ballet op Wellington
 
2006-11-09


Die VGK Wellington Dorp en Kunstekaap bied vandag ’n program van jazz- en ballettreffers aan in die CP van der Merwesaal, Wellington.

’n Prettige program word gewaarborg met vele opwindende vermaaklikhede soos die Jazzart-dansteater, Kaapstadse Stadsballet en Dizu Plaatjies se inheemse musiek.

Jazzart-dansteater is die oudste moderne dansmaatskappy in Suid-Afrika en is in 1975 gestig. ’n Span van tien professionele dansers van dié dansskool sal mense vermaak.

Die Kaapstadse Stadsballet se kreatiewe dansers sal verskeie uittreksels van hul hoogs suksesvolle vertoning, Queen at the Ballet, en drie klassieke pas de deux’e van hul vollengte balletvertoning, The Sleeping Beauty, opvoer.

Die tradisionele musikant en kulturele historikus, Dizu Zungula Mzikantu Plaatjies, gaan ook hier te sien wees en sal sy skatkisse vol ervaring met veral die skoolkinders deel.

Hierdie internasionaal bekende musikant glo daarin om mense se verskillende tradisionele erfenisse te respekteer en bewaar.

Vir kaartjies kontak Christell Witbooi by 082-310-8028 of Lynette Davids by 073-222-0484.
Die middagvertoning begin om 15:00 (R15) en die aandvertoning om 17:00 (R40).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za