Leefstyl
2006-11-09
Biblioteke: Die Drakenstein biblioteek in Paulusstraat, Paarl-Oos, is van 20 tot 25 November gesluit vir voorraadopname. Die Wellington biblioteek in Jan van Riebeeckstraat sluit van 13 tot 18 November vir voorraadopname.
Dans: Enkele kaartjies is nog beskikbaar vir die 1-plus-1 klub in die Paarl wat sy 20 jaar reünie met ’n dans op Vrydag 17 November by Laerskool Drakenstein vier. Kontak Marie by 073-307-7135 so gou moontlik.
Gospelsanger: Die gospelsanger, Annalise Wiid, is Sondag om 19:00 by die NGK Paarlberg in die Paarl vir hul Kersafskeidsdiens. Kom beleef 2006 deur Annalise se oë en luister waarvoor sy dankbaar is. Kaartjies is R20 by die deure. Navrae by die kerkkantoor, 872-8072.
Kunsmark: ’n Kunsmark word vir Wellington beplan. Belangstellendes kan 083-302-5506 skakel.
Heilsleër: Verryk jou geestelike lewe. Kom luister Saterdag om 15:00 na sr Celesteal van Wyk by die Heilsleër in Bredastr 80, Paarl om 15:00. Almal welkom.
Teetafel: ’n Bederfoggend vir vroue vind Woensdag 10:00 by Laborie in die Paarl plaas. Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad, gesels oor haar en vryskutstilis Wilma Howells se debuutboek, Onthaal. Laborie se Hetta van Deventer berei geregte uit dié boek, terwyl sangeres Gwendoline Kriek gaste verder bederf met haar stem. Bespreek by Linda van Staaden, 406-2296. Kaartjies is R75.
Reünie: Jan van Riebeeck Hoërskool se klas van 1966 hou hul 40 jaar reünie op 2 Desember. Vir navrae of inligting oor oudleerders, kontak Kobus Swart of Patty von Molendorff by 910-1483 of e-pos kobus@schon.co.za of patty@schon.co.za.
Open gardens: Visit Elgin’s open gardens on Saturday and Sunday (10:00 to 17:00). Twenty-one gardens are open in the Elgin, Bot River and Vyeboom areas. Other events will include a local craft market at Applewood School, exhibitions of painting, sculpture and photography, as well as wine tastings. A free detailed brochure with map is now available at all major nurseries in the greater Cape Town area, the local farm stalls, Keurbos (Peregrine) Nursery and Duncan’s Roses. Enquiries: Keurbos Nursery (848-9146) or Fresh Woods (844-0154 or 082-712-1004).
Stalletjies: Besighede of die publiek wat belang stel om stalletjies by ’n pretdag ten bate van die Dierebeskermingsverenigingsdag te hê, kan nou bespreek. Die SPCA Walkathon word vir 18 November beplan. Staanplek is R100 per stalletjie (vir goedere, produkte of verversings) vir die dag en kan by Hessie of Annelise van die Vetshop (863-1008) by Vineyard sentrum bespreek word.
More
News
|