Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland hou somerskou

Boland hou somerskou
 
2006-11-09


DIE eerste keer in die sowat 15-jarige bestaan van die Boland Bonsai Kai word daar ’n somerskou gehou.

Op 25 en 26 November sal die boompies te sien wees vir die publiek, en sal die Bonsai en wat die versameling van die Stellenbosse botaniese tuin huisves, ook oop wees vir die publiek.

Aangesien die Kai deelgeneem het aan die Afrika Bonsaiskou wat in die Waterfront gedurende die lente plaasgevind het, was die tradisionele lenteskou in die Hofmeyrsaal gekanselleer en neem die somerskou nou die plek daarvan.

“Daar is verskeie voordele verbonde aan die verskuiwing,” het Willem Pretorius, voorsitter van die Kai, gesę.

“Eerstens is die bome aansienlik voller met hul somerkleed, en het die klublede meer kans gekry om die finale verstellings te doen.”

“Maar meer belangrik is dat die skou oor 'n volle naweek in die botaniese tuin van die Universiteit sal plaasvind en dat die publiek dus ’n beter kans het om te kom kyk na die werk wat lede 'n jaar lank besig gehou het,” volgens Pretorius.

Navrae by Pietman Retief, 082-554-1476.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za