Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klappers bring hartseer

Klappers bring hartseer
 
2006-11-09


VANJAAR het ons gesin die effek van vuurwerke aan ons spreekwoordelike lyf gevoel.

Ons spierwit Staffordshire terriër met twee bruin kolle op die stert het jaarliks hierdie afskiet van vuurwerke pynlik beleef. Ons het hom maar in die huis gehou om sodoende trauma te verlig.

Verlede Sondag terwyl ons as gesin kerk toe is en hy uiteraard buite in die agterplaas moes bly, het ons met ons terugkeer met skok ontdek dat die hond weg is.

Ons het begin soek in die omgewing en dis nou ’n week later en Taxes is nog skoonveld.

Dit waaraan mens gewoond geraak het, byvoorbeeld as een van ons met die motor by die huis aankom, was hy gewoonlik eerste by die motordeur om jou te kom groet.

As die motorsleutels van die rakkie afgehaal word en hy die getinkel hoor was hy gereed vir saamry.

Smiddae na skool het hy saam met ons seun op sy bed gaan lê vir ’n middagslapie, soos een wat doodsmoeg is van die dag.

Taxes was nie net maar nog ’n hond nie. Hy was ’n lid van ons gesin.

As iemand hom dalk gesien het sal dit groot vreugde vir ons gesin bring as hy terug besorg word. Ons kan gekontak word by 873-2132 of 083-232-8100.

Herman Bailey
Wellington



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za