Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vleiland nie verder versteur

Vleiland nie verder versteur
 
2006-11-09


WELLINGTONNERS wat bekommerd is oor die versteuring van die vleilandsisteem tydens nuwe ontwikkelings, kan asem skep.

Die Departement Waterwese het aan die Drakenstein Munisipaliteit opdrag gegee om binne 24 maande ’n rehabilitasieplan en 1:50 jaar vloedlyn vir die hele Leeuwrivier op te stel. Ontwikkeling word nie onder dié vloedlyn toegelaat nie.

Dié verwikkeling is ’n uitvloeisel van nuwe behuisingsontwikkelings langs die rivier, aan die oostekant van Wellington en die voet van Bainskloof.

Bainsvallei, 66 woonhuise by die Bovlei-uitgang uit die dorp, kan voortgaan, het die projekbestuurder, dr Francois Viviers, hierdie week gesê.

Volgens Viviers het Waterwese bykomende voorwaardes gestel - dat die ontwikkelaars die rivieroewer moet rehabiliteer en nie strukture op die grens mag oprig wat die rivier se vloei kan beïnvloed nie.

’n Vleilandkundige en landskapsargitek sal hand gee om die vleilandgedeelte midde-in die ontwikkeling, ’n ruimte wat oop gelaat word, te laat aansluit by die vleilandsisteem stroom-af.

Viviers het gesê die vleilandsisteem by Wellington is deur die jare op verskeie plekke versteur deur ontwikkeling, paaie en dreineerslote.

“Die Bainskloofpad was die eerste ingryp wat waarskynlik ook die loop van die Leeuwrivier verder suid verskuif het,” het Viviers gesê.



More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za