Young Standards groet 'n grote
2006-11-09
DIE feesviering van sy 115de bestaansjaar het vir Young Standards Rugbyklub die naweek ‘n demper gekry, met die heengaan van een van sy groot geeste.
Roy Arendse (53), ‘n bekende figuur in plaaslike rugbykringe, het Saterdagoggend skielik heengegaan ná vermoedelik 'n hartaanval.
Hy laat ‘n groot leemte as vaderfiguur en jarelange speler en bestuurslid van Young Standards.
Arendse het in die sewentig- en tagtigerjare sy merk gemaak as ‘n formidabele voorspeler in die Boland- en Paarlunie-rugbyspanne.
Hy was ook vir die meeste van sy rugbyloopbaan die eerste spankaptein van Young Standards en ‘n speler vir wie almal groot respek gehad het.
“Roy sal definitief gemis word deur die hele rugbygemeenskap veral in sy klub waar hy waardevolle werk verrig het die afgelope paar jaar as bestuurslid,” sê Martin van Zitters, sekretaris van die klub.
Die begrafnisreëlings is Saterdag om 10:00 by die huis en 11:00 by die VGK Zionskerk langs die swembad.
More
News
|