Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Famsa hou seminaar en diens

Famsa hou seminaar en diens
 
2005-05-05


FAMSA, die Gesins- en Huweliksvereniging van Suid-Afrika, bied, in samewerking met die NG Toringkerk, ’n seminaar en diens aan ter viering van Internasionale Gesinsdag.

Op Saterdag 14 Mei is daar die MBTI Myers & Briggs Tipe Indikator Seminaar.

Hierdie is ’n bekende, internasionale Persoonlikheids- en temperament-analise. Dit vind van 07:30 tot 15:00 in die kerksaal plaas en die koste is R200 per persoon of R360 per paar.

Die aanbieder is ds Fanie Kriel en inskrywings kan by die kerkkantoor (872-6730) gedoen word.

Sondag 15 Mei is daar ’n spesiale oggenddiens in die Toringkerk, Paarl, waar egpare vrywillig gevra word om hulle huweliksbelofte te herbevestig. Alle egpare word genooi om deel te neem.

Navrae by voorsitter Ben de Goede by 872-9602 of 082-436-9830 of Famsa by 872-2700



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za