Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos proe sukses in Pro20

Paarl-Oos proe sukses in Pro20
 
2006-11-09


DIE manne van Paarl-Oos Krieketklub het Sondag die Boland Pro20-kompetisie op ’n hoë noot afgeskop toe hulle vir Worcester United met 36 lopies geklop het.

Die tuisspan het die loot gewen en die Paarliete ingestuur om te kolf.
Waylin September het met mening met die kolf ingeklim en 12 grenshoue gemoker in sy beurt van 79 lopies.

Hy is goed ondersteun deur Jermaine Didloff (34 4x2, 6x1).

Worcester se akkuraatste bouler was James Albanie met 3/16 in sy toegelate vier beurte.

Die tuisspan kon slegs 119/7 in sy 20 kolfbeurte behaal.

Selvyn Pretorius (42 4x2, 6x2) en A Cutting (23 4x3) was die voorste
lopiemakers.

Vir Paarl-Oos het Tiaan Cloete (2/9 in 4bb) en September (2/24 in
4bb) goed geboul.

Saterdag speel Paarl-Oos I en II albei tuis teen Pniel Coronations, terwyl die derde span op Stellenbosch teen Spes Bona II te staan kom.

Sondag speel Paarl-Oos I in sy tweede Pro20-wedstryd teen Bergrivier Krieketklub op Wellington.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za