Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2006-11-16


Kalender: Drakenstein Toerisme is in die proses om ‘n jaarkalender vir 2007 op te stel. Inligting kan gestuur word na luzelle.moller@drakenstein.gov.za of faks 807-6245 of die Paarl Inligtingskantoor (paarlinfo@drakenstein. gov.za of faks 872-9376) of die Wellington inligtingskantoor (welltour@mweb.co.za of faks 873-4607).

Tent crudade: House of Prayer presents ‘Launch out into the deep’, a tent crusade on the field opposite Food-o-Rama in Paarl East, from 19 to 26 November. The preacher is Pastor Johan Appolis from the West Coast. Services are Sundays 17:30 and weekdays at 19:30.

Spesiale diens: ’n Prediker van Kampala in Oeganda, pastoor Jonah Kawere, tree Sondag om 18:00 by die Revival Christian Ministries in die Paarl op. Die kerk vergader in die Scout-saal in Klein Parys. Navrae by 072-151-0495.

Bonsai: ’n Somerskou van bonsaibome gaan op 25 en 26 November in die Botaniese-tuin van die Stellenbosse Universiteit plaavind, gereël deur die Boland Bonsai Kai. Die skou open albei dae om 10:00 en duur tot 17:00, en toegang is gratis. Navrae by Marie Louise, 082-715-0856 of Pietman, 082-554-1476.

Karnaval: Die VGK Immanuel in Paarl bied mëre en Saterdag hulle karnaval op die Daljosafat stadion in die Paarl aan.Die twee dae beloof om groot pret te wees met ’n mallemeule, ’n vuurwerkvertoning, lugduik, ’n motorvertoning, ‘sound off’ en optredes deur verskeie kunstenaars.

Tentdiensveldtog: Tentdienste word tot Sondag deur Calvary Ministries in Groenheuwel aangebied. Die predikers is evangelis Albert Paron en broer Izak Pieterse.

Karnaval: Die VGK Wellington Dorp se jaarlikse karnaval vind Saterdag plaas op St Albans Primêr se sportterrein.

Mark: Die laaste oggendmark van die Helderberg Veldwinkel vind Saterdag plaas by Southey’s Vines, Hoofweg 186 in Somerset-Wes, van 08:30 tot 13:00. Kom doen vroegtydig Kersinkopies.

Kunsmark: ’n Kunsmark word vir Wellington beplan. Belangstellendes kan 083-302-5506 skakel.

Taalmonument: Kom kuier by die Taalmonument tussen die fynbos en proteas op Saterdag 25 November. Deel ’n piekniekmandjie of heerlike ete by die restaurant, terwyl u die lieflike uitsig geniet. Boland Kelder doen ’n wynpromosie van 10:00 tot 14:00. Neem ’n helikoter rit oor die Drakenstein vallei. Kontak 863-2800 of taalmonument@icon.co.za.

Multiple Sclerosis: The AGM of Multiple Scleroris - Cape will take place on Saturday 25 November at the Riverclub Golf Estate, Liesbeeck Parkway, Observatory. Registration starts at 08:30 and the AGM at 10:00. It will be followed by a family workshop for all persons, family, friends and carers of persons with MS. Entrance free. Enquiries on 948-5275.

Reünie: Jan van Riebeeck Hoërskool se klas van 1966 hou hul 40 jaar reünie op 2 Desember. Vir navrae of inligting oor oudleerders, kontak Kobus Swart of Patty von Molendorff by 910-1483 of e-pos kobus@schon.co.za of patty@schon.co.za.

Gesinsnaweek: Die Kuilsrivier-Suid gemeente bied aan ’n gesinsnaweeek met Arnold en Joy Mol, van 16 tot 18 Februarie. Mol is ’n befaamde bedryfsielkundige met ’n besonderse passie vir kinders, die huwelik en gesinne. Navrae of besprekings by die kerkkantoor, 903-3095 of epos info@suidkerk.org.za.

Opedag: Ligstraal Skool in die Paarl hou môre hul opedag van 10:00 tot 12:00. Hulle nooi die publiek om die skool te besoek waar leerders besig sal wees met handvaardighede. Die handwerk sal ook te koop wees. Navrae kan gerig word aan Irma Mentoor, by 862-7182.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za