Depressie en angs by bejaardes
2006-11-16
DIE volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep vind plaas op Maandag om 19:00 in die opleidingslokaal van die Paarl Medi-Clinic.
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan persone van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase of gesinslede wat ondersteuning bied.
By die volgende byeenkoms sal daar gepraat word oor die uitdaging verbonde aan depressie by bejaarde mense. Daar sal gefokus word op praktiese vaardighede.
Belangstellendes word genooi na die geleentheid en bywoning is gratis.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser, Sonja Labuschagne en Adéle Brink.
Vir meer besonderhede, skakel die praktyk by 872-7466.
More
News
|