Winterdans by Klapmuts
2005-05-05
‘n WINTERDANS ten bate van die Carel du Toit Sentrum word op 3 Junie by Rusticana buite Klapmuts aangebied.
Die Carel du Toit Sentrum, op die perseel van die Tygerberg Hospitaal in Bellville, bied voorskoolse onderrig aan gehoorgestremde kinders vanoor die hele Wes-Kaap.
Die musiek word verskaf deur Francois du Plessis.
Tafels van tien persone kan bespreek word, teen R500 per dubbelkaartjie. Die semi-formele funksie begin om 19:00.
‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en lotingskaartjies sal getrek word.
Vir meer inligting, kontak Erika Oosthuizen by 938-6565 of Santie van der Walt by 083-270-6347.
More
News
|