Modes by Mooikelder
2006-11-16
’n MODEPARADE vind Saterdagoggend om 11:00 by Mooikelder wynplaas noord van die Paarl plaas ten bate van die Familie Reünie Sentrum.
Dié spoggeleentheid skop om 11:00 af waartydens kunstenaars wat in die Gilbert & Sullivan Society se opvoering van die musiek-blyspel “The King and I” by Artscape opgetree het, mode-uitrusting sal vertoon.
Adri Louw, Riaan Hunter, Tracey Peterson en John Carne sal terselfdertyd die gehoor vermaak met liedere uit die blyspel.
Koek en tee sal bedien word en gelukkige trekkings sal plaasvind.
Kaartjies is beskikbaar teen R60. Vir besprekings en navrae, kan Adri Louw geskakel word by 869-8787 of 082-749-8937.
More
News
|