Beskerm jou vel van kop tot tone
2006-11-16
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) waarsku alle Suid-Afrikaners dat die risiko om velkanker te ontwikkel, hoog is.
Ons sonnige, warm klimaat asook ons buitemuurse lewenstyl dra daartoe by dat ons ultraviolet-velskade opdoen wat ons kanse om velkanker te ontwikkel kan verhoog.
Suid-Afrikaners het die tweede hoogste voorkoms van velkanker in die węreld - Australië s’n is die hoogste.
“Die belangrikste aspek is bewustheid van beskermingsmetodes,” sę Ansie Botma van Kansa, wat die SonWys projek koördineer.
“Sonskermmiddels is nie die enigste antwoord nie, maar is noodsaaklik vir dele van die vel wat nie deur klere of ’n hoed beskerm word nie,” sę sy.
Soek voldoende koelte op, veral gedurende die hitte van die dag tussen 10:00 en 15:00 wanneer die son direk van bo skyn en die sonstrale op hul sterkste is.
Beweeg binnenshuis gedurende hierdie periode of soek skaduwee en beskerming deur klere, waar moontlik.
Jou oë het ook beskerming nodig teen die son se UV-strale. Sonbrille met ’n beskermingsvlak van ten minste UV400 word deur Kansa aanbeveel.
Vir verdere inligting, skakel Mareé Lambrechts by jou naaste Kansa-kantoor by 876- 3589 gedurende kantoorure.
More
News
|