Liggie-safari
2006-11-16
WELLINGTON se gewilde Liggie-safari word van Woensdag 22 tot Vrydag 24 November aangebied.
Die afgelope vier jaar reël die Hugenote Hoërskool die Liggie-safari wat oor drie aande strek. Die fondse wat hiermee genereer word, word aangewend vir behoeftige leerders.
Oorspronklik is die Liggie-safari deur die skool se sekretaresses gereël, maar gaandeweg het verskeie sake-instansies sowel as die skool se CSV-lede ook hul gewig ingegooi.
Hierdie jaar gaan die CSV die portaal van die skoolsaal versier met ‘n variasie bome wat verskillende temas uitbeeld. Een van die bome word afgestaan vir pakkies vir die kinders van die Murray-kinderhuis.
‘n Groep vrywillige dames gaan tien tafels in die sysaal dek waar besoekers hope idees vir hul Kerstafel kan kry.
Die ander vyf punte gaan vir al die liggiekykers ‘n groot verrassing wees. Besighede sowel as kerke word betrek.
‘n Busdiens word vanaf die skool gereël om mense na verskillende versierde huise te vervoer.
Die kaartjies kos R40 (R15 vir kinders) by Write Shoppe (Pick ‘n Pay-sentrum) asook direk by die skool. Die kaartjie kan op een aand of verspreid oor die drie aande gebruik word.
More
News
|