'n Kers en 'n drukkie bring troos
2006-11-16
DIE Compassionate Friends se Paarl-tak het onlangs vergader vir hul jaareindfunksie.
Kerse is ook aangesteek om geliefdes te onthou, en hoewel die trane gevloei het, was dit duidelik dat die onderskraging van mense in dieselfde bootjie tot groot troos was.
Compassionate Friends is ’n ondersteuningsgroep vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het.
Hulle vergader aan huis van Carel en Rita Greyling in Groenleegte, Paarl. Navrae kan gerig word aan 872-3613 of 083-228-1162.
More
News
|