Kunskalender
2006-11-16
Uitstalling: Skilderye en beeldhouwerk is tot 25 November te sien by Jane se Kunshuis in Pastorielaan, Paarl. Onder die kunstenaars is David Botha, Marinda Clift, Kervin Cupido, Gregoire, Bohani Mohapi, Stephanie Siegrühn, Cornelia Smook, Thembi, Tilly van Huyssteen en Jeanne Visser.
Jazza: ’n Jazz-aand word Woensdag by Simonsvlei aangebied met Hano & Friends. Die volgende week, Donderdag 30 November, tree Jak de Priester op. Bespreek by Lynette Griessel, 082-418-4748 of e-pos info@simonsvlei.co.za.
Dressage: On Sunday there will be a graded Dressage Riding Show held at Firlands Park, Gordon’s Bay. The show will run the whole day starting at 08:30. Admission is free and catering is available. Everyone is invited to a super family day out, full of fun and enjoyment. For full details, contact Riaan on 082-671-4729.
Queen: Een van die Kaap se heel mooiste buiteluglokale, die manjifieke Paul Cluver Woud-Amfiteater, bied vanjaar weer eens ’n opwindende program aan, wat afskop met Joseph Clark and the Music of Queen op Saterdag 25 November. Pak ’n piekniekmandjie of bestel een by die landgoed. Hekke maak 17:00 oop, en die vertoning begin 19:00. Kaartjies kan bespreek word by www.cluver.com of 844-0605.
Breughel: Die Breughel-teater bied aan ‘Van Toeka tot Nou!’ in die HB Thom Teater op Stellenbosch op 23, 24 en 25 November om 20:15. Dit is ter viering van die 20ste bestaansjaar van die groep, asook ’n vaarwel aan dr Ben Dehaeck. Dit is ’n keurspel van ou en nuwe stukke wat ou lede die geleentheid bied om die verhoog te deel met jongste toevoegings tot die Breughel groep. Die stukke, wat Kontiki en Die Swart Glas insluit, is vir alle ouderdomme geskik. Kaartjies vir die opvoering kos R20 (R10 vir studente en skoliere) en is by die deur beskikbaar. Vir navrae kan Elenor Ben by 889-6749 of breughef breughel@polka.co.za gekontak word.
Duo: Sondag om 16:30 tree die Belgiese duo Cristel de Meulder (sopraan) en Jan van Mol (orrel) op in die NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen in ’n konsert vir stem en orrel. Albei musici is wyd bekend in Europa as solokunstenaars. Kaartjies by die deure teen R40.
Sterrekykers: Die jaareindfunksie van die Orion Observasiegroep OOG), die informele sterrekundegroep van die Boland, hou ‘n sterrepartytjie Saterdag om 18:30 by Dirtopia op die Delvera Wynplaas tussen Stellenbosch en Paarl. Die program sluit ‘n praatjie oor die gebruik van rekenaars in sterrekunde en San (Boesman) sterrestories. Daar gaan teleskope opgestel wees vir mense om deur te kyk asook ‘n wandeling deur die sterre en konstellasies. Kontak Arina by team@dirtopia.co.za of skakel 884-4752 om te bespreek. Toegang is R35.
Exhibition: Nanette Ranger Art Studio presents a Summer Season Art Exhibition on Thursday 23 November at I Love Wine, Main Street, Paarl (opposite KWV) at 19:00. The exhibition will be open until 26 November. Parking available at KWV. Contact Nanette Ranger (863-3198).
Revue: Die leerders van Newton Primêr is op Dinsdag 28 en Woensdag 29 November te sien in ’n revue, ‘Thank You for the Music’. Dit begin om 19:30 in die Wellingtonse stadsaal. Kaartjies is R25 en besprekings kan by die skool gedoen word, 873-2638.
Uitstalling: Skilderye en beeldhouwerk is tot 25 November te sien by Jane se Kunshuis in Pastorielaan, Paarl. Onder die kunstenaars is David Botha, Marinda Clift, Kervin Cupido, Gregoire, Bohani Mohapi, Stephanie Siegrühn, Cornelia Smook, Thembi, Tilly van Huyssteen en Jeanne Visser.
Boekpraatjies: ‘Moer toe die vreemde in’ was ’n uiters vermaaklike boek uit die pen van Johan Bakkes. Saterdag om 11:00 sal hy in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) gesels oor sy nuwe boek ‘Nou’s ons in ons dônner in’. Donderdag 23 November: Joan Hambidge se nuutste digbundel, ‘Dad’ word om 19:00 bekend gestel. Bevestig asseblief u bywoning by 882-9100 of by Bev (521-2000) vóór 19 November. Saterdag 25 November: Ingrid Winterbach praat om 11:00 oor haar roman ‘Die boek van toeval en toeverlaat’ wat onlangs verskyn het. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.
Concert: Katarzyna Bator (piano) and Andrej Wojiechowski (clarinet) will perform at the Hugo Lambrechts auditorium on Friday 24 November at 19:00. Tickets at the door.
Teaterkafee: Tony Cox is môre en Saterdag by Dorpstraat op Stellenbosch en Maandag is dit Jakkie Louw. Op Vrydag 24 November is Valiant Swart daar en die volgende aand is Delta Blue aan die beurt. Bespreek by 886-6107.
Oude Libertas: ‘Kaap d(i)e Goeie Woord’ met Tom Lanoye en Antjie Krog is op Woensdag 29 November om 20:15 te sien in die amfiteater buite Stellenbosch. ’n Besonderse literêre samekoms deur twee van die mees toonaangewende kunstenaars op hul taalgebied. Krog en Lanoye word verbind deur hul liefde vir die liefde, die politiek en die poësie, maar bowenal deur die susterstale Nederlands en Afrikaans. Die resultaat is ’n unieke literêre aand wat sprankel van grensverskuiwende taalplesier. Bespreek jou kaartjies by enige tak van Computicket, by www.computicket.com of by die Oude Libertas kaartjieskantoor (809-7473).
Country-musiek: ’n Country show met Bobby Angel, Tommy Dell, Jody Wayne, Barbara Ray en Lance James vind Saterdag 2 Desember om 19:30 in die amfiteater op Paarlberg plaas. Kaartjies is R100 elk by Yolandi, 084-608-7724. Die kos- en wynstalletjies is van 16:00 af oop.
Wilderers: Every first Sunday of the month (12:00 to 17:00) the Winelands Safari Dixie Band will entertain visitors at Wilderers, the award-winning distillery/restaurant in Simondium. Book at 863-3555 or info@wilderer.co.za.
Mystery: Mystery Ghost Bus Tour in Cape Town on any night for groups of 30 or more persons. Haunted pub stops, haunted houses, poltergeists, castles, graveyards and much more, 19:00 to 24:00 at R195 per person. Call 082-567-6554 or visit www.mysteryghostbus.co.za.
Kerssang: ’n Kerssangaand vind Saterdag 16 Desember in die amfiteater op Paarlberg plaas. Kaartjies teen R70 (kinders R30) is beskikbaar by Wille Man Motors in Versterstraat (872-1088).
More
News
|