Gilde gestig
2006-11-16
DIE Boland-tak van die Boeremusiekgilde word Saterdag by die Laerskool Drakenstein gestig, waarna ’n dans aangebied sal word.
Die vergadering vind om 16:00 plaas waartydens die komitee aangestel sal word. Die dans vind hierna om 19:00 plaas en die Bergrivier Orkes sal optree.
Kaartjies is R40 vir lede en R60 vir nie-lede. Verversings sal te koop wees.
Vir kaartjieverkope of enige ander inligting, skakel asseblief vir Johan Wentzel by 083-357-4552.
More
News
|