Idols by Liggies
2006-11-16
DIE Paarl Liggiesfees word dié jaar aangebied van 30 November tot 2 Desember. Die gemeenskap sal getrakteer word met talentvolle kunstenaars uit ons Vallei, asook kunstenaars wat meer bekend is, onder andere Karin Kortjé, Gift Gwe en Robbie Jansen. Daar is tans nog ‘n beperkte aantal stalletjies beskikbaar.
Vir Sondag 3 Desember, word daar weer ‘n “Carols by Candlelight” geleentheid beplan.
Liefdadigheidsorganisasies word genooi om op hulle amptelike briefhoofde aansoek te doen vir ‘n gratis stalletjie by Paarl Inligtingskantoor, hoek van Hoof- en Auretstraat.
* Die Wellington Liggiesfees word in Kerkstraat gehou op 24 en 25 November. 'n Koor van 200 kinders tree die Vrydagaand op en Saterdag is die 7de Laan akteurs, George en Karien, daar.
Vir navrae, kontak Jo-Ann Steenkamp by Wellington Toerisme 873-4604.
More
News
|