Zamar in die Paarl
2006-11-16
DIE vyf vroue van Zamar tree Sondagaand 26 November by die NGK Suider-Paarl in Courtrai op van 18:30 tot 19:30 en weer van 20:00 tot 21:00.
Veronica Bell (viool), Anjulie de Vos (kontrabas) en Hilandi du Toit (kitaar) is die dames wat snare pluk en streel, terwyl Luyda Rukavitsyna haar meesterlik van haar taak kwyt op trekklavier en Doné McLuckie haar djembe en perkussieinstrumente roer.
Dit gaan vir hierdie vyf vroue daaroor om feestelike musiek te maak met die pluk van snare en vandaar die naam, Zamar.
Te midde van meesleurende melodieë en voetstamp-ritmes is daar by die hoogs talentvolle en veelsydige lede van dié groep primêr die behoefte om hul gehore noot vir noot te inspireer en om elkeen wat luister weg te voer na opwindend-eksotiese musikale bestemmings.
Zamar se musiekprogram bied ’n wye verskeidenheid van klanke, instrumentaal en vokaal, asook unieke verwerkings wat almal se smaak sal prikkel. Hul program is vol diversiteit en verrassingselemente.
Navrae by 083-701-1236, 082-870-5701 of 083-680-5745..
More
News
|