Meer kans vir Mathys
2006-11-16
DIE bekende sanger Mathys Roets se optrede by Waterpoel het verskuif na Dinsdag 28 November om 20:00.
Dit gee mense nou langer kans om hom in te pas voor die jaar totsiens sê.
Mathys begelei homself op die kitaar en lewer ’n baie intieme vertoning met sy program getiteld ‘Fluister’. Aanhangers van sy donkersjokolade-stem kan ou gewilde gunstelinge en ook nuwe materiaal verwag.
Kaartjies kos R80 elk en sluit lekker pik-kos in. Kom ’n bietjie vroeër en geniet ’n drankie terwyl jy die mooi dekor-items, klere, olyfprodukte en Kersversierings kom bewonder.
Besprekings en aanwysings by Trudy, 082-896-9863.
More
News
|