Voetganger sterf
2006-11-16
`n VOETGANGER is Vrydagoggend oorlede na ’n tref-en-trap ongeluk.
Nonkolekule Nonkala (50) en haar man, Fasi (60), was omstreeks 07:00 onderweg na hul onderskeie werkplekke in Windmeul.
Toe hulle op die Paardeberg-pad naby die R44 was, het ’n rooi Ford motor vir Nonkolekule getref en vanaf die ongelukstoneel weggejaag.
Haar man het haar te hulp gesnel, en is self deur ’n ander motor getref en beseer.
Die egpaar is na die Paarl Hospitaal geneem, waar Nonkolekule later oorlede is. Haar man verkeer in ’n bevredigende toestand.
Enigiemand wat inligting het oor die rooi motor wat die toneel verlaat het, kan vir insp Auckland Losper skakel by 807-4000.
More
News
|