Klagte oor raadslid ondersoek
2006-11-16
DIE Stellenbosse Munisipaliteit ondersoek die bewering van ’n Franschhoekse bouer dat ANC-raadslid Gordon Pheiffer van hom die bedrag van R21 000 kontant ontvang het weens ’n “oorbetaling” deur die Munisipaliteit.
Die bouer is deur Pheiffer gekontrakteer om die Groendal Gemeenskapsaal te verf teen ’n koste van R10 000. ’n Bedrag van R31 000 is egter deur die Munisipaliteit oorbetaal na aanleiding van dokumentasie wat ontvang is.
Pheiffer het glo vir die bouer verduidelik dat die oorbetaling van R21 000 eintlik bedoel is vir rioolkontrakwerk.
Die bouer, wat glo self nooit ’n tender of enige rekening ingedien het nie, het die balans van R21 000 aan Pheiffer oorbetaal op 21 Oktober in die teenwoordigheid van sy 26-jarige seun, volgens die beëdigde verklaring.
Volgens DA-raadslid Andricus van der Westhuizen, Speaker, word die klagte ondersoek. Raadslid Pheiffer ontken die bewerings en skryf dit toe aan politiekery.
More
News
|