Peoples kry kwaai pak
2006-11-16
DIE eerste span van Young Peoples Krieketklub het Saterdag lelik drooggemaak toe hulle met sewe paaltjies teen Worcester United verloor het.
Peoples word vir 164 lopies uitgehaal, met net Lorenzo Jacobs (45nun 4x2, 6x1) en Henrico Bailey (37 4x5) was die beste kolwers.
Die tuisspan kolf deurgaans goed en behaal 166/3, danksy standvastige beurte van Arno Cuttings (64 4x11, 6x1) en Ricardo Baxter (35nun 4x7).
Vir die besoekers het Jacobs (2/39 in 11bb) moedig probeer.
Peoples II het egter heelwat beter gevaar en op Daljosafat Stadion Worcester United se tweede span met nege paaltjies ore aangesit.
Peoples word die taak gestel om ’n skamele 124 lopies aan te teken, nadat Hubert Ontong (5/12 in 10bb), Marlin Carolissen (3/32 in 11bb) en Phil Adams (2/16 in 7bb) verwoesting saai met die bal.
Die tuisspan behaal die wenlopies in die 26ste beurt. Stanton Kamalie (63nun 4x6, 6x1), Imran Nackierdien (47nun 4x5) en Warren George (21 4x3) klim in met die kolf.
Peoples III (291/7) het ook op Daljosafat in ’n lopiefees van ’n wedstryd, met 59 lopies teen Brackenfell (350/5) verloor.
Peoples se uitblinkers was James de Wet (54 4x9), Sam Titus (40 4x1, 6x4), Jonathan Jacobs (32 4x4) en Cedric Williams (29 4x3, 6x2).
J Brits (87) en L Botha (96) was die Brakke se groot kanonne.
Saterdag speel Peoples I (tuis) en Peoples II (weg) teen Oostelikes, terwyl die derde span ook tuis teen Spes Bona speel.
Sondag kom Peoples I op Daljosafat Stadion in ’n Pro20 wedstryd teen Vredenburg/Saldanha te staan.
More
News
|