Franschhoek Krieket weer aan wenkant
2006-11-16
’n GOEIE boulvertoning het Saterdag op Kraaifontein vir Franschhoek Krieketklub van ’n 18 lopie sege oor Oostelikes IV verseker.
Elrico Koopman was Franschhoek se groot uitblinker vir die dag.
Die besoekers kolf eerste en teken 112/10 aan op ’n stadige kolfblad.
Denver Adonis het weer eens die oog gevang met sy beurt van 68 lopies.
Goeie openingsboulwerk deur Louvin Jacobs (2/12) en die kaptein, Arleon Davids (1/10), het die basis gelê vir Koopman om met syfers van 6/28 die kolforde uitmekaar te ruk. Hy is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.
More
News
|