Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl `vreet' krag

Paarl `vreet' krag
 
2006-11-16


DIE toenemende uitbreiding van woonbuurte in die Paarlvallei lei tot ‘n groter aanvraag na krag - en die Drakenstein Munisipaliteit moet roer om voor te bly.

Selfs in bestaande woongebiede is daar verhoogde aanvraag na krag en die elektrisiteitstoevoer moet voortdurend opgegradeer word.

So is die sub-verdeelbord in Nuwe Bergstraat onlangs vervang met ‘n nuwe skakelbord wat meer krag kan lewer. Voorkomende onderhoud is daarmee saam gedoen.

Volgens die hoof van die munisipale elektrisiteitsafdeling, Jan Coetzee, word maandeliks 40 aansoeke ontvang om geboue se kragtoevoer te verhoog in die munisipale gebied wat Groot Drakenstein, Pniel en Klapmuts insluit.

‘n Woonhuis met vier persone gebruik ongeveer 980 eenhede per maand en tans word sowat 50 GWh (50 000 000 000 eenhede) per jaar verbruik in die totale gebied.

Nie alleen groei die aantal huise in die Paarl nie, maar die inwoners van bestaande huise verbruik al hoe meer krag, waarskynlik as gevolg van toenemende benutting van geriewe soos lugreëling in die somer en verhitting in die winter.

Die somer-piekverbruik word ook verder aangehelp deur die kragverbruik van waterpompe, koelkamers en die wynkelders met hul reuse verkoelingseenhede.

Die piek in die winter is effe kleiner, met as hoofverbruik die verhitting van woonhuise en kantore.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za