Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Double V weer in aksie

Double V weer in aksie
 
2006-11-16


DIE sokkerspan van Double V United het Saterdag na ’n afwesigheid van twee weke hul Castle Liga-verpligtinge hervat.

Double V se wedstryde is tydelik opgeskort hangende ’n hofinterdik wat die klub van View of Hope teen Safa Boland gebring het, rakende ’n dispuut oor ligapunte.

Nadat die hof beslis het dat Safa die probleem intern moet oplos, het ’n dissiplinêre komitee van Wes-Kaap Safa besluit dat ’n derde uitspeelwedstryd tussen die twee klubs moet plaasvind om só deelname aan die Castle-liga te bepaal.

Dié wedstryd moes op 25 Oktober in die stadion van die Universiteit Wes-Kaap plaasvind.

View of Hope het egter, uit protes teen Wes-Kaap Safa se beslissing, nie vir die wedstryd opgedaag nie, en die Paarl-span is gevolglik as die wenner aangewys.

View of Hope het intussen dié besluit weer teengestaan en ’n appèl na Safa Nasionaal gerig.

Die president van Safa Wes-Kaap, Vernon Seymour, het egter beslis dat Double V United kan voortgaan met sy Castle Liga-verpligtinge.

Alle aanduiding is dat die appèlverhoor die naweek in Johannesburg sal plaasvind.

Terug by sokker

Double V United het Saterdag tuis op die Boy Louw-veld teen Idasvallei van Stellenbosch te staan gekom.

Die wedstryd was in ideale weerstoestande gespeel.

Die tuisspan het in die eerste helfte saam met ’n ligte windjie gespeel en het goeie geleenthede gehad om punte aan te teken.

Die wedstryd is gekenmerk deur kontroversiële beslissings deur die skeidsregter en grensregter.

In die 40ste minuut het Double V se ondersteuners luidkeels kapsie gemaak toe ’n oënskynlik onkant-doel deur die besoekers se Riaan Fortuin aangeteken is.

Vroeg in die tweede helfte moes die besoekers met een speler minder klaarkom, toe Cashwell Poole ’n rooi kaart kry, ná ’n tweede geelkaart vir ongeoorloofde spel.

Double V het die kans aangegryp en vir Robert Mdu van die verdediging af opgeskuif na die middelveld toe.

Double V het aanhoudend aangeval en is beloon vir hul moeite toe Mdu ’n skitterlopie afrond met ’n doel.

het opgeduik, maar nie Herschelle Clayton of Elrich van der Westhuizen, kon dit benut nie.

Die wedstryd eindig 1-1 gelykop.

Sondag speel Double V op Stellenbosch teen United FC.

Met die Burgemeestersbeker Sokkertoernooi wat Saterdag tot ’n einde loop, nooi Double V United enige belangstellende klub of speler om hulle te nader rakende die aanwending van gratis leen-spelers vir die duur van die Castle Liga wat in Maart eindig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za