Die geweld is regering se skuld
2006-11-16
EK lees gereeld die Paarl Post op die internet omdat ek vir meer as nege jaar op Wellington gebly het.
Ek en my gesin het emigreer omdat die alledaagse geweld net te veel geword het en bly tans in Canberra, Australië.
Dit is skokkend om te verneem dat die situasie weekliks net vererger in Suid-Afrika en dat die standaard van die polisie swak en pateties is, soos in die brief “Ons word gevaarlik in die steek gelaat” van 9 November duidelik waargeneem kan word. Die standaard en diens wat die polisie bied, kan nie vergelyk word met lande soos Australië nie.
Hier is ‘n polisiekantoor op dieselfde standaard as ‘n vooruitstrewende besigheid met ‘n perseel wat goed vergelyk met enige besigheid in die omgewing. Jy lees en hoor net nie van geweld nie.
Dit is voorbladnuus indien iemand sterf weens ‘n motorongeluk en daar word gekyk na metodes hoe om die herhaling van ‘n soortgelyke voorval te voorkom.
Motorhawens word beman deur slegs een vrou wat in die kiosk werk en sy sit oop waar jy haar betaal nadat jy self jou voertuig volgemaak het.
Ek kan my nie eens indink hoe so ‘n opset in Suid-Afrika veilig en winsgewend sou kon wees nie. Die vraag bly, sal die situasie in Suid-Afrika ooit verander indien die polisie altyd tevrede moet wees om met die minste tevrede te wees?
Duidelik is hul kantore in Wellington reeds meer as 12 jaar verby die punt waar ‘n vervanging nodig was. Ja mevrou, jul word gevaarlik in die steek gelaat en dit is die regering se skuld.
Gatvol vir geweld
More
News
|