Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2006-11-23


Uitstalling: Skilderye en beeldhouwerk is tot Saterdag te sien by Jane se Kunshuis in Pastorielaan, Paarl. Onder die kunstenaars is David Botha, Marinda Clift, Kervin Cupido, Gregoire, Bohani Mohapi, Stephanie Siegrühn, Cornelia Smook, Thembi, Tilly van Huyssteen en Jeanne Visser.

Boekpraatjies: Een van die mees indrukwekkende romans die afgelope tyd is Ingrid Winterbach se roman “Die boek van toeval en toeverlaat” wat onlangs verskyn het. Om 11:00 Saterdag sal die skrywer in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) oor dié besonderse werk van haar gesels. Saterdag 2 Desember: Twee besonderse geskiedenisboeke wat onlangs verskyn het, is MCE van Schoor se boek “Genl Kemp en die epiese woestyntog” en Albert Grundling se boek “The dynamics of treason”. Albei outeurs sal oor hul werke gesels. Skakel (021) 882 9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.proteaboekhuis. co.za.

Concert: Katarzyna Bator (piano) and Andrej Wojiechowski (clarinet will perform at the Hugo Lambrechts auditorium tomorrow at 19:00. Tickets at the door.

Teaterkafee: Valiant Swart is môre en weer Donderdag 30 November by Dorpstraat op Stellenbosch en Saterdag is dit Delta Blue. Dinsdag is CH2 daar, 1 Desember is dit Robin Auld en 2 Desember Sarah Theron. Bespreek by 886-6107.

Oude Libertas: ‘Kaap d(i)e Goeie Woord’ met Tom Lanoye en Antjie Krog is Woensdag om 20:15 te sien in die amfiteater buite Stellenbosch. ’n Besonderse literêre samekoms deur twee van die mees toonaangewende kunstenaars op hul taalgebied. Krog en Lanoye word verbind deur hul liefde vir die liefde, die politiek en die poësie, maar bowenal deur die susterstale Nederlands en Afrikaans. Die resultaat is ’n unieke literêre. Bespreek by Computicket, www.computicket.com of by die Oude Libertas kaartjieskantoor (809-7473).

Wilderers: Every first Sunday of the month (12:00 to 17:00) the Winelands Safari Dixie Band will entertain visitors at Wilderers, the distillery/restaurant in Simondium. Book at 863-3555 or info@wilderer.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za