Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Steel is nie trek

Steel is nie trek
 
2005-03-09


WANNEER huisraad - en die televisies en die rekenaars - uit ’n woning gedra word, beteken dit nie noodwendig die huisbewoners trek nie.
Dit is die nuutste slenter wat al ten minste tien huisgesinne in Wellington se woonbuurte Ranzadale, Berg-en-Dal en Uitsig duur te staan gekom het.
Was dit nie dat die inbrekers Donderdag verlede week by Welvanpasweg 36 gesteur is nie, was die skade by die Klopper-gesin veel groter.
Die verdagtes - moontlik twee Xhosasprekende mans - is daar weg met waardevolle juweliersware, maar die televisies, rekenaars en ander toerusting wat al op die grasperk voor die huis gepak was, het bly staan.
“Ons het al sedert Desember tien dossiere geopen waar presies dieselfde modus operandi gevolg is,” het Wellingtonse polisie-ondersoekers gesę.
“Die inbrake is soggens terwyl werksmense en skoliere nie tuis is nie.
“Dit lyk asof die inbrekers van buite die dorp kom en afgelaai word. Hulle breek agter in.
“In die huis word kaste uitgegooi en alles omgedop vir duur toerusting met ’n goeie herverkoopwaarde. Kluise word oopgebreek vir geld, juweliersware en vuurwapens.
“Die gesteelde items word doodluiters tot teen die straat gedra, waar dit staan totdat die voertuig hulle weer kom oplaai.”
Dit was vermoedelik dieselfde bende wat Woensdag verlede week in Burgstraat en in Richelieustraat ingebreek het.
“Dit is onbegryplik hoe niemand in die buurt die vreemde bewegings in die wonings raaksien nie,” het die polisie gesę.
Skakel die speurhoof kapt Leon Laubscher (873-1141), die polisiestasie (873-3333) of 1-0111 onmiddellik om verdagtes te rapporteer.
* Wellington neighbourhoods are plagued by burglars acting like furniture removal contractors.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za